1En in die vier honderd en tagtigste jaar n die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif -- dit is die tweede maand -- het hy die huis vir die HERE gebou. 2En die huis wat koning Salomo vir die HERE gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte. 3En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis. 4En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk. 5En teen die muur van die huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak. 6Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie. 7En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie. 8Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde. 9En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout. 10En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke. 11En die woord van die HERE het tot Salomo gekom en gesê: 12Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou -- as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul; 13dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie. 14Toe Salomo die huis klaar gebou het, 15het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê. 16Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as 'n binneste vertrek, as 'n Allerheiligste, gebou. 17En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el. 18En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie. 19So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit. 20En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek. 21Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het. 22En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek. 23Verder het hy in die binneste vertrek twee g,rubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. 24En vyf el was die een vlerk van die g,rub, en vyf el was die ander vlerk van die g,rub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan. 25En tien el die tweede g,rub: altwee die g,rubs het een maat en een gestalte gehad. 26Die hoogte van die een g,rub was tien el, en net so die ander g,rub. 27Toe het hy die g,rubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die g,rubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander g,rub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak. 28Verder het hy die g,rubs met goud oorgetrek. 29En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny. 30En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek. 31En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van 'n vyfhoek gehad. 32En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die g,rubs en op die palmbome ingeslaan. 33En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig; 34en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes. 35En hy het daarop g,rubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek. 36Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke. 37In die vierde jaar is die fondament van die huis van die HERE gelê, in die maand Sif, 38en in die elfde jaar, in die maand Bul -- dit is die agtste maand -- was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.