1Intussen is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Keh¡la, en hulle plunder die dorsvloere. 2Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Keh¡la. 3Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in Juda is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Keh¡la trek teen die slagordes van die Filistyne? 4Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Keh¡la, want Ek gee die Filistyne in jou hand. 5Daarom het Dawid met sy manne na Keh¡la getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en 'n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Keh¡la verlos. 6Daarop kry Saul berig dat Dawid in Keh¡la gekom het, en Saul sê: God het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in 'n stad met poorte en grendels ingegaan het. 7Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Keh¡la ten einde Dawid en sy manne in te sluit. 8Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader. 9En Dawid sê: HERE, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Keh¡la wil trek om die stad om my ontwil te verwoes. 10Sal die burgers van Keh¡la my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom. 11Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Keh¡la my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer. 12En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent ses honderd man -- hulle het uit Keh¡la uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Keh¡la ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek. 13En Dawid het gebly in die woestyn, in die bergvestings, ook op die gebergte in die woestyn Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie. 14Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores. 15Daarop het Jonatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God 16en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed. 17Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jonatan het na sy huis gegaan. 18Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na G¡bea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hag¡la wat suid van die wildernis lê nie? 19En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer. 20En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, omdat julle medelyde met my gehad het. 21Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is. 22Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in die land is, sal ek hom opspoor onder al die geslagte van Juda. 23En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestyn Maon was, in die Vlakte suid van die wildernis. 24Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in. 25En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang, 26kom daar 'n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom, want die Filistyne het 'n inval in die land gedoen. 27Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.