1En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak. 2En Salomo het met die hele Israel gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele Israel, die familiehoofde; 3en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by G¡beon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die HERE, in die woestyn gemaak het. 4Maar Dawid het die ark van God uit Kirjat-Je rim laat bring na die plek wat Dawid daarvoor ingerig het; want hy het daarvoor 'n tent in Jerusalem opgeslaan. 5Ook die koperaltaar wat Bes leël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die HERE; en Salomo en die vergadering het dit besoek. 6En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van die HERE geoffer en daarop duisend brandoffers gebring. 7In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee. 8En Salomo het tot God gespreek: U het aan my vader Dawid 'n groot guns bewys en my in sy plek koning gemaak. 9HERE God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want U het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde. 10Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit-- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer? 11Toe sê God aan Salomo: Omdat d¡t in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer -- 12daarom word die wysheid en die kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos n jou nie sal wees nie. 13En Salomo het van die hoogte wat by G¡beon is, van die tent van samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor Israel geregeer. 14En Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. 15En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. 16En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kw,; handelaars van die koning het hulle uit Kw, gaan haal teen koopprys. 17En hulle het uit Egipte 'n wa laat optrek en dit uitgevoer vir ses honderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer. 18En Arp gsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. 19En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan. 20En Joktan was die vader van Almodad en Selef en Hasarm wet en Jerag, 21en Hadoram en Usal en Dikla, 22en Ebal en Ab¡mael en Skeba, 23en Ofir en Haw¡la en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. 24Sem, Arp gsad, Selag, 25Heber, Peleg, Rehu, 26Serug, Nahor, Tera, 27Abram; dit is Abraham. 28Die seuns van Abraham was Isak en Ismael. 29Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Ismael was N,bajot, en Kedar en Adbeël en Mibsam, 30Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema, 31Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Ismael. 32En die seuns van Ketura, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan. 33En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en lda„. Hulle almal was seuns van Ketura. 34En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel; 35die seuns van Esau: lifas, R,huel en Jehus en J elam en Korag. 36Die seuns van lifas was: Teman en Omar, Sefi en G etam, Kenas en Timna en Amalek. 37Die seuns van R,huel was: N hat, Serag, Samma en Missa. 38En die seuns van Se‹r was: Lotan en Sobal en S¡beon en Ana en Dison en Eser en Disan. 39En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna. 40Die seuns van Sobal was: Aljan en Man hat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van S¡beon was Aja en Ana. 41Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran. 42Die seuns van Eser was: Bilhan en S äwan en J äkan. Die seuns van Disan was Us en Aran. 43En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar 'n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinh ba; 44en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra. 45En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer. 46En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit. 47En Hadad het gesterwe, en Samla uit M sreka het in sy plek geregeer. 48En Samla het gesterwe, en Saul uit R,hobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer. 49En Saul het gesterwe, en Ba„l-H nan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer. 50Nadat Ba„l-H nan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehet beël, die dogter van Matred, die dogter van M,sahab. 51Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet, 52die vors Oholib ma, die vors Ela, die vors Pinon, 53die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar, 54die vors M gdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.