1En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd en tagtig duisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Reh beam terug te win. 2Maar die woord van die HERE het tot Sem ja, die man van God, gekom en gesê: 3Spreek met Reh beam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en met die hele Israel in Juda en in Benjamin, en sê: 4So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die HERE en omgedraai sonder om teen Jerobeam op te trek. 5En Reh beam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in Juda. 6Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekoa; 7en Bet-Sur en Sogo en Adullam; 8en Gat en Mar,sa en Sif; 9en Ador im en Lagis en As,ka; 10en Sorea en Ajalon en Hebron, versterkte stede in Juda en in Benjamin. 11En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn, 12en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort. 13En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan. 14Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jerobeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie. 15En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het. 16En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die HERE, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer; 17en hulle het die koninkryk van Juda versterk en Reh beam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel. 18En Reh beam het Maglat, die dogter van J,rimot, die seun van Dawid, en van Ab¡hail, die dogter van El¡ab, die seun van Isai, vir hom as vrou geneem. 19En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Sem rja en Saham. 20En n haar het hy M äga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Ab¡a en Attai en Sisa en S,lomit gebaar. 21En Reh beam het M äga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt en twintig seuns en sestig dogters geword. 22En Reh beam het Ab¡a, die seun van M äga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak. 23En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra. 24Dit het Ben ja, die seun van Jojada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde. 25Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag. 26En die dapper helde was: Asahel, die broer van Joab, lhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem; 27Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet; 28Ira, die seun van Ikkes, die Teko‹et; Abiëser, die Anatotiet; 29S¡bbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet; 30M harai, die Netofatiet; Heled, die seun van Ba„na, die Netofatiet; 31Itai, die seun van R¡bai, uit G¡bea van die kinders van Benjamin; Ben ja, die Pireatoniet; 32Hurai, uit Nahale-Ga„s, Ab¡ël, die Arabatiet; 33Asm wet, die Baharumiet; ljagba, die Sa„lboniet. 34Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jonatan, die seun van Sage, die Harariet; 35Ah¡am, die seun van Sagar, die Harariet; El¡fal, die seun van Ur; 36Hefer, die Megeratiet; Ah¡a, die Peloniet; 37Hesro, die Karmeliet; N ärai, die seun van sbai; 38Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri; 39Selek, die Ammoniet; N grai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruja; 40Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet; 41Ur¡a, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai; 42Ad¡na, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig; 43Hanan, die seun van M äga; en Josafat, die Mitniet; 44Uss¡a, die Asteratiet; Sama en Je‹-el, die seuns van Hotam, die Aroëriet; 45Jed¡ael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet; 46liël van Mah wim en Jer¡bai en Jos wja, die seuns van Eln äm; en Jitma, die Moabiet: 47liël en Obed en Ja„siël van Mesob ja.