1En toe Reh beam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom. 2Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Reh beam, teen Jerusalem opgetrek -- omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het -- 3met twaalf honderd strydwaens en sestig duisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: L¡biërs, Sukkiete en Kusiete. 4En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het, en tot by Jerusalem gekom. 5Daarop kom die profeet Sem ja na Reh beam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Julle het My verlaat; daarom gee Âk julle ook oor in die hand van Sisak. 6Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die HERE is regverdig. 7En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Sem ja en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie. 8Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken! 9En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem. 10Toe maak koning Reh beam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak. 11So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers. 12Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge. 13En koning Reh beam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Reh beam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Na„ma, die Ammonitiese. 14En hy het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie sy hart gerig om die HERE te soek nie. 15En die geskiedenis van Reh beam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Sem ja en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Reh beam en Jerobeam. 16En Reh beam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ab¡a het in sy plek koning geword. 17het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie -- mag die God van ons vaders dit dan sien en straf! 18Toe het die Gees Am sai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: V¡r u, Dawid, en m,t u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende. 19Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop. 20Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Josabad en Jed¡ael en M¡gael en Josabad en El¡hu en S¡lletai, hoofde van die geslagte van Manasse. 21En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër. 22Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God. 23En d¡t is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE. 24Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was ses duisend agt honderd, gewapend vir oorlog; 25van die seuns van S¡meon, dapper helde vir krygsdiens, sewe duisend een honderd; 26van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd; 27en Jehojada, die bevelhebber van die A„roniete, en saam met hom drie duisend sewe honderd; 28en Sadok, 'n jongman, 'n dapper held, met sy familie: twee en twintig owerstes; 29en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drie duisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly; 30en van die seuns van Efraim, twintig duisend agt honderd, dapper helde, manne van naam in hulle families; 31en van die halwe stam van Manasse agttien duisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak; 32en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel; 33van S,bulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftig duisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie; 34en van N ftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe en dertig duisend met skild en spies; 35en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt en twintig duisend ses honderd; 36en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertig duisend; 37en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd en twintig duisend met allerhande wapens vir krygsdiens. 38Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak. 39En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei. 40En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en S,bulon en N ftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.