1In die agttiende jaar van koning Jerobeam het Ab¡a oor Juda koning geword. 2Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mig ja, die dogter van Uriël uit G¡bea. En daar was oorlog tussen Ab¡a en Jerobeam. 3En Ab¡a het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vier honderd duisend jong manskappe; en Jerobeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agt honderd duisend jong manskappe, dapper helde. 4Toe gaan Ab¡a bo-op die berg Semar im staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jerobeam en die hele Israel! 5Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie? 6Maar Jerobeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer. 7En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Reh beam, die seun van Salomo; en Reh beam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie. 8En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jerobeam vir julle as gode gemaak het. 9Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van A„ron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, die het priester geword van die wat geen gode is nie. 10Maar ons -- die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van A„ron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk. 11En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar julle het Hom verlaat. 12En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie. 13Maar Jerobeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle. 14En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas. 15Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jerobeam en die hele Israel voor Ab¡a en Juda verslaan. 16En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee. 17En Ab¡a met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyf honderd duisend jong manskappe as gesneuweldes geval het. 18En die kinders van Israel is in die tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het. 19En Ab¡a het Jerobeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jes na met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke. 20En Jerobeam het geen krag meer behou in die dae van Ab¡a nie, en die HERE het hom swaar getref, sodat hy gesterf het. 21Maar Ab¡a het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee en twintig seuns en sestien dogters geword. 22En die verdere geskiedenis van Ab¡a, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.