1In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Ba,sa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit-- of ingaan nie. 2Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die HERE en van die huis van die koning en stuur dit na B,nhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê: 3Daar is 'n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Ba,sa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af. 4En B,nhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-M im en al die voorraadstede van N ftali verwoes. 5En sodra Ba,sa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak. 6Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Ba,sa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou. 7En in die tyd het die siener Han ni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. 8Was die Kusiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; 9want die HERE -- sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees. 10Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk. 11En kyk, die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel. 12En in die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere. 13En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een en veertigste jaar van sy regering. 14En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van 'n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom 'n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek. 15Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte -- 16die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; 17wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond, 18met die woorde: Ek sal aan jou die land Kana„n gee, julle afgemete erfdeel. 19Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin, 20en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk, 21het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: 22Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie. 23Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag. 24Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. 25Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. 26Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak. 27Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek. 28Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte. 29Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad. 30Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. 31Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning! 32Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is. 33Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel. 34Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid; 35en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof! 36Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE! 37En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag; 38en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedutun, en Hosa as poortwagters; 39maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in G¡beon is, 40om gedurigdeur smôre ns en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het; 41en saam met hulle Heman en Jedutun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is; 42en by hulle, Heman en Jedutun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedutun was by die poort. 43En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.