1Maar toe Josafat, die koning van Juda, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom, 2het die siener Jehu, die seun van Han ni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Josafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die HERE. 3Tog is daar goeie dinge by u gevind, want u het die heilige boomstamme uit die land uitgeroei en u hart daarop gerig om God te soek. 4En Josafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Bers,ba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die HERE, die God van hulle vaders. 5En hy het regters aangestel in die land, in al die versterkte stede van Juda, in elke stad. 6En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak. 7Mag die skrik vir die HERE dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die HERE onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie. 8En ook in Jerusalem het Josafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die HERE en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom. 9En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met 'n volkome hart. 10En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die HERE en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie. 11En kyk, Am rja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Seb dja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees! 12En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom. 13Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë! 14Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug. 15Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Ab¡sai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom. 16Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadar,ser, op hulle voorpunt. 17Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg. 18Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe duisend trekperde en veertig duisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood. 19En toe die dienaars van Hadar,ser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie.