1N hierdie dinge en hierdie bewys van getrouheid het S nherib, die koning van Assirië, gekom en Juda binnegedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower. 2En toe Jehisk¡a sien dat S nherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg, 3het hy raad gehou met sy owerstes en sy helde, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp: 4baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die land stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind? 5En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou, ook die ander muur buitekant het hy gebou; en hy het Millo in die stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak. 6En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê: 7Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. 8By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehisk¡a, die koning van Juda. 9Hierna het S nherib, die koning van Assirië -- hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis -- sy dienaars na Jerusalem gestuur, na Jehisk¡a, die koning van Juda, en na die hele Juda wat in Jerusalem was, om te sê: 10So sê S nherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem? 11Verlei Jehisk¡a julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië? 12Het dieselfde Jehisk¡a nie sy hoogtes en sy altare verwyder en aan Juda en Jerusalem dit gesê nie: Voor ,,n altaar moet julle jul neerbuig en daarop offerrook laat opgaan? 13Weet julle nie wat ,k en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red? 14Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red -- dat julle God julle uit my hand sou kan red? 15Laat Jehisk¡a julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos? 16Sy dienaars het nog meer teen die HERE God gespreek en teen sy kneg Jehisk¡a. 17Hy het ook 'n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehisk¡a sy volk uit my hand nie red nie. 18En hulle het hardop in die Joodse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om die bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die stad kon inneem. 19En hulle het oor die God van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die aarde -- 'n maaksel van mensehande. 20Maar toe koning Jehisk¡a en die profeet Jesaja, die seun van Amos, hieroor gebid en na die hemel geroep het, 21stuur die HERE 'n engel, en die het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan. 22En die HERE het Jehisk¡a en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van S nherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring. 23En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehisk¡a, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het. 24In die dae het Jehisk¡a dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee. 25Maar Jehisk¡a het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem. 26Maar Jehisk¡a het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehisk¡a nie. 27En Jehisk¡a het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe; 28ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee. 29Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want God het hom baie goed gegee. 30Dieselfde Jehisk¡a het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe, westelik na die stad van Dawid. En Jehisk¡a was voorspoedig in al sy werk. 31So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel -- wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het -- het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was. 32En die verdere geskiedenis van Jehisk¡a en sy vrome dade, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet Jesaja, die seun van Amos, in die Boek van die konings van Juda en Israel. 33En Jehisk¡a het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.