1En aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die huis van die HERE en sy huis gebou het, 2het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomo gegee het, en die kinders van Israel daar laat woon. 3Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en dit oorweldig. 4En hy het Tadmor in die woestyn opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het. 5Verder het hy Bet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels. 6Ook B älat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die L¡banon en in die hele land van sy heerskappy. 7Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie -- 8van hulle kinders wat n hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, die het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe. 9Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters. 10En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het. 11En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het. 12Toe het Salomo brandoffers aan die HERE gebring op die altaar van die HERE wat hy voor die voorportaal gebou het. 13Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar -- op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees. 14Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God. 15En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie. 16So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die HERE gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die HERE was voltooi. 17Toe het Salomo na seon-Geber getrek en na Elot, aan die seekus in die land Edom. 18En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring. 19en Jakim en Sigri en Sabdi 20en Eliënai en S¡lletai en liël 21en Ad ja en Ber ja en Simrat, die seuns van S¡me‹; 22en Jispan en Eber en liël 23en Abdon en Sigri en Hanan 24en Han nja en Elam en Antot¡a 25en Jifd,ja en Pnuel, die seuns van Sasak; 26en S mserai en Seh rja en At lja 27en Ja„r,sja en El¡a en Sigri, die seuns van Jeroham. 28Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon. 29En in G¡beon het die vader van G¡beon gewoon, en die naam van sy vrou was M äga. 30En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Ba„l en Nadab 31en Gedor en Agjo en Seger. 32En Miklot was die vader van S¡mea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon. 33En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jonatan en Malkisua en Abin dab en Esb äl. 34En die seun van Jonatan was Merib-ba„l, en Merib-ba„l was die vader van Miga. 35En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Ta„r,a en Agas. 36En Agas was die vader van Jehoadda, en Jehoadda van Al,met en Asm wet en Simri; en Simri was die vader van Mosa. 37En Mosa was die vader van B¡nea; sy seun was Rafa; sy seun was Ele sa; sy seun was Asel. 38En Asel het ses seuns gehad; en d¡t was hulle name: Asr¡kam, Bogru en Ismael en Se rja en Ob dja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel. 39En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elif,let, die derde. 40En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd en vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.