1En in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadn,sar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou. 2En die stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning Sedek¡a. 3Op die negende van die vierde maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie, 4is in die stad ingebreek, en al die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en die koning het getrek op pad na die Vlakte toe. 5Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van J,rigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi. 6Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla toe, en hulle het vonnis oor hom uitgespreek. 7En hulle het die seuns van Sedek¡a voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedek¡a laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring. 8En in die vyfde maand, op die sewende van die maand -- dit was die negentiende jaar van koning Nebukadn,sar, die koning van Babel -- het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babel, in Jerusalem gekom. 9En hy het die huis van die HERE en die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand. 10En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het die mure van Jerusalem rondom omgegooi. 11En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het -- die oorblyfsel van die menigte het Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer. 12Maar uit die armes van die land het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers. 13Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer. 14Ook het hulle weggeneem die potte en skoppe en messe en rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is. 15En die owerste van die lyfwag het weggeneem die vuurpanne en die komme -- wat van pure goud en van pure silwer was -- 16die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het -- die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie. 17Die hoogte van een pilaar was agttien el, en 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk. 18Verder het die owerste van die lyfwag Ser ja, die hoofpriester, geneem en Sef nja, die tweede priester, en die drie drumpelwagters. 19En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, en vyf man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was, en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens oproep, en sestig man van die mense van die land wat in die stad aanwesig was. 20Toe Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, hulle neem, het hy hulle na die koning van Babel, na Ribla gebring. 21En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. En Juda is uit sy land in ballingskap weggevoer. 22En wat die mense betref wat in die land Juda oorgebly het, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, laat agterbly het, oor hulle het hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, aangestel. 23En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel Ged lja aangestel het, kom hulle na Ged lja, na Mispa, naamlik: Ismael, die seun van Net nja, en Johanan, die seun van Kar,ag, en Ser ja, die seun van T nhumet, die Netofatiet, en Ja„s nja, die seun van die Ma„gatiet, hulle met hul manne. 24En Ged lja het vir hulle en hul manne gesweer en aan hulle gesê: Wees nie bevrees vir die dienaars van die Chaldeërs nie, bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit met julle goed gaan. 25Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Net nja, die seun van Elis ma, uit die koninklike geslag, gekom en tien manne saam met hom en Ged lja doodgeslaan, ook die Jode en die Chaldeërs wat saam met hom in Mispa was. 26Toe het die hele volk, klein en groot, hulle gereedgemaak, saam met die owerstes van die leërs, en na Egipte gegaan, want hulle was bevrees vir die Chaldeërs. 27En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jojagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Merodag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jojagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef. 28En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. 29En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe. 30En aangaande sy lewensonderhoud, 'n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning na die eis van elke dag, al die dae van sy lewe.