1En aan Joab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom. 2En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk 'n roubedryf geword, omdat die volk die dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun. 3Daarom het die volk die dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het. 4En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun! 5Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het, 6deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het. 7Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE -- as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u 'n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe. 8En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die koning gekom. Maar Israel het gevlug elkeen na sy tente toe. 9En die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hy het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom; 10en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring? 11Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik. 12Julle is my broers; my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring? 13En vir Am sa moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie! 14So het hy dan die hart van al die manne van Juda sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars. 15Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en Juda het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring. 16En S¡me‹, die seun van G,ra, die Benjaminiet, wat uit Bahurim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet, 17en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die koning al die Jordaan bereik. 18En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En S¡me‹, die seun van G,ra, het voor die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek 19en aan die koning gesê: My heer moet my die skuld nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaar verkeerd gehandel het op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die koning dit ter harte sou neem nie. 20Want u dienaar weet dat ,k gesondig het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van Josef afgekom om my heer die koning tegemoet te gaan. 21Toe het Ab¡sai, die seun van Seruja, geantwoord en gesê: Moet S¡me‹nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die HERE gevloek het nie? 22Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Seruja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in Israel gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor Israel is nie? 23Daarop sê die koning aan S¡me‹: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer. 24Mefiboset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie; 25en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom, sê die koning vir hom: Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefiboset? 26En hy antwoord: My heer die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek daarop kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam. 27Hy het ewenwel u dienaar by my heer die koning belaster, maar my heer die koning is soos 'n engel van God: doen dan wat goed is in u oë. 28Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep? 29Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet die grond verdeel. 30En Mefiboset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het. 31Bars¡llai, die Gileadiet, het ook afgekom van Rogelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring. 32En Bars¡llai was baie oud, 'n man van tagtig jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahan im, want hy was 'n baie vermoënde man. 33Toe sê die koning vir Bars¡llai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou. 34Maar Bars¡llai het die koning geantwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem? 35Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen goed en kwaad onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my heer die koning dan nog tot 'n las wees? 36U dienaar kan net 'n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen? 37Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë. 38En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen. 39Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Bars¡llai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan. 40Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van Juda en ook die helfte van die volk van Israel het die koning verder gebring. 41Meteens kom toe al die manne van Israel by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van Juda, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring? 42Daarop antwoord al die manne van Juda die manne van Israel: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as 'n porsie vir ons weggedra? 43En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer reg op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.