1En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem. 2Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword. 3Verder het Dawid Hadad,ser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe die getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel. 4En Dawid het van hom duisend sewe honderd perderuiters afgeneem en twintig duisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly. 5En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadad,ser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan. 6En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 7En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadad,ser gedra het, en dit na Jerusalem gebring. 8En uit B,tag en uit Berot i, stede van Hadad,ser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem. 9Toe To‹, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadad,ser verslaan het, 10stuur To‹sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadad,ser geveg en hom verslaan het -- want Hadad,ser het gedurig oorlog gevoer met To‹-- en in sy hand was silwer-- en goue en kopervoorwerpe. 11Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het: 12van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadad,ser, die seun van Rehob, die koning van Soba. 13En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het. 14En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 15En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen. 16En Joab, die seun van Seruja, was oor die leër; en Josafat, die seun van Ah¡lud, was kanselier. 17En Sadok, die seun van Ah¡tub, en Ahim,leg, die seun van Abjatar, was priesters, en Ser ja was skrywer. 18En Ben ja, die seun van Jojada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.