1Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening. 6Want ek word alreeds as 'n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. 7Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 8Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het. 9Beywer jou om gou na my te kom. 10Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessalon¡ka vertrek, Crescens na Gal sië, Titus na Dalm sië. 11Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees. 12T¡chikus het ek na fese gestuur. 13As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente. 14Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke! 15Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan. 16In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! 17Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos. 18En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. 19Groet Prisca en Aquila en die huis van Ones¡forus. 20Er stus het in Korinthe gebly. Trofimus het ek siek in Mil,te agtergelaat. 21Beywer jou om voor die winter te kom. Eubulus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou. 22Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.