1En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Âfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 2en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. 3En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. 4Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat n hom kom, dit is in Christus Jesus. 5En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 7En altesaam was hulle omtrent twaalf manne. 8En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan. 9Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tir nnus samesprekinge gehou. 10En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke. 11En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, 12sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het. 13En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig! 14Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het. 15Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle? 16Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het. 17En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Âfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak. 18En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; 19en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. 20So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword. 21En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedonië en Ach je te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien. 22Daarop stuur hy twee van sy helpers, TimotheÂs en Er stus, na Macedonië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het. 23En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie. 24Want iemand met die naam van Dem,trius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf. 25En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is, 26en julle sien en hoor dat nie alleen in Âfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie. 27Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan. 28En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Ef,siërs! 29Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Arist rchus saam, Macedoniërs wat reisgenote van Paulus was. 30En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie. 31En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie. 32Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie. 33En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig. 34Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Ef,siërs! 35Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Ef,siërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Ef,siërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie? 36Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie. 37Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie. 38As Dem,trius en sy ambagsmanne dan 'n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag. 39Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word. 40Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.