1En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. 5En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. 6En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; 7en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? 8En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? 9Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopot mië, Judia en Kappadocië, Pontus en Asië, 10Frigië en Pamf¡lië, Egipte en die streke van L¡bië by Cir,ne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, 11Kretense en Arabiere -- ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. 12En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees? 13Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn. 14Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. 15Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre . 16Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: 17En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. 18En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. 19En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. 20Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. 21En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 22Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasar,ner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet -- 23Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; 24Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. 25Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. 26Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. 27Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. 28U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. 29Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. 30Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, 31het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. 32Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. 33Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy d¡t uitgestort, wat julle nou sien en hoor. 34Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand 35totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. 36Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. 37Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 40En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. 41Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op die dag omtrent drie duisend siele toegebring. 42En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. 43En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. 44En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. 45En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. 46En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 47terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.