1En eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Mel¡te genoem word. 2En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 'n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue. 3En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt. 4En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis 'n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered. 5Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie. 6En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy 'n god was. 7Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Publius was, in die omgewing van daardie plek 'n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg. 8En die vader van Publius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak. 9En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees. 10En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons van die nodige voorsien. 11En n drie maande het ons afgevaar in 'n skip van Alexandr¡ë met die skeepsmerk Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het. 12En ons het by Sirakuse gekom en daar drie dae gebly. 13Daarvandaan het ons omgeseil en by R,gium aangekom en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons Put,oli bereik, 14waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na Rome gegaan. 15En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom tot by die Appius-mark en die Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat. 16En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas. 17En n drie dae het Paulus die vernaamste Jode saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, alhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine. 18Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie. 19Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie. 20Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. 21En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Jud,a ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u berig of gepraat nie. 22Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word. 23En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus. 24En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 25En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek 26en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 27Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 28Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister. 29En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan. 30En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, 31terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.