1En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is, 2en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak. 3En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme. 4Dan moet jy A„ron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was. 5En neem die klere en beklee A„ron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om. 6En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband. 7Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom. 8Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek, 9en omgord hulle met die gordel, A„ron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan A„ron en sy seuns as priesters aanstel. 10En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê. 11En slag die bul voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms. 12Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet. 13En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand. 14Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer. 15Neem dan die een ram, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; 16daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi. 17En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop. 18Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE. 19Dan moet jy die ander ram neem, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; 20jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van A„ron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi. 21Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op A„ron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom. 22En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud -- want dit is 'n wydingsram -- 23en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is. 24En lê dit alles op die hande van A„ron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. 25Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE. 26En neem die bors van die wydingsram van A„ron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees. 27En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir A„ron en sy seuns geld. 28En dit moet vir A„ron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers -- hulle hefoffer aan die HERE. 29En die heilige klere van A„ron moet vir sy seuns n hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel. 30Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek. 31En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook. 32Dan moet A„ron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms. 33En hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig. 34En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig. 35So moet jy dan met A„ron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur. 36Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig. 37Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig. 38En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag. 39Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei, 40met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam. 41En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môre spysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE. 42Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek. 43En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word. 44So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal A„ron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien. 45En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees; 46en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.