1Jy moet ook 'n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak. 2'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte -- vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. 3En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor 'n goue krans rondom. 4Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet die aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra. 5En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. 6Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom. 7En A„ron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek. 8En as A„ron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte. 9Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie. 10En A„ron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE. 11Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 12As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. 13Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom -- die sikkel is twintig gera -- 'n halfsikkel as offergawe aan die HERE. 14Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee. 15Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen. 16Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen. 17En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 18Jy moet ook 'n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin, 19dat A„ron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was. 20As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek. 21Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte. 22Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 23En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes 24en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en 'n hin olyfolie; 25en maak daarvan heilige salfolie, 'n salfmengsel soos 'n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees. 26Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis 27en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar 28en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk. 29So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig. 30Jy moet ook A„ron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien. 31En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My 'n heilige salfolie wees in julle geslagte. 32Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees. 33Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan 'n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 34Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en g lbanum -- speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, 35en maak daar reukwerk van, 'n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig. 36En vrywe 'n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit 'n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees. 37En die reukwerk wat jy moet maak -- na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees. 38Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.