1Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. 2En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. 3Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kana„n te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; 4en k het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. 5Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; 6en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. 7En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE. 8Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens. 9Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 10Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek. 11Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is? 12Daarop het die HERE met Moses en A„ron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei. 13Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben. 14En die seuns van S¡meon: J,muel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kana„nitiese vrou; dit is die geslagte van S¡meon. 15En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Mer ri. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar. 16Die seuns van Gerson: Libni en S¡me‹volgens hulle geslagte. 17En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar. 18En die seuns van Mer ri: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming. 19En Amram het Jog,bed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom A„ron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd sewe en dertig jaar. 20En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri. 21En die seuns van Ussiël: M¡sael, lsafan en Sitri. 22En A„ron het Elis,ba, die dogter van Amm¡nadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar. 23En die seuns van Korag: Assir en lkana en Ab¡asaf. Dit is die geslagte van die Koragiete. 24En Ele sar, die seun van A„ron, het vir hom een van die dogters van Putiël as vrou geneem; en sy het vir hom P¡nehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte. 25Dit is A„ron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare. 26Dit is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei. Dit is Moses en A„ron. 27Die dag toe die HERE met Moses gespreek het in Egipteland, 28het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek. 29Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?