1Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 2Mensekind, daar was twee vroue, dogters van een moeder. 3En hulle het in Egipte gehoereer; in hul jeug het hulle gehoereer; daar is hul borste betas, en daar is hul maagdelike boesem gedruk. 4En hulle name was: Ohola, die grootste, en Oholiba, haar suster; en hulle het myne geword en seuns en dogters gebaar. En wat hulle name betref: Samar¡a is Ohola en Jerusalem Oholiba. 5En Ohola het gehoereer terwyl sy my vrou was, en het gesmag na haar minnaars, na die Assiriërs, krygshaftige mense 6wat pers aangetrek was, goewerneurs en owerstes, almal begeerlike jongmanne, ruiters te perd. 7En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het -- met al hulle drekgode het sy haar verontreinig. 8So het sy dan haar hoererye, uit Egipte afkomstig, nie laat staan nie; want hulle het in haar jeug met haar gemeenskap gehad en hulle het haar maagdelike boesem gedruk en hul hoerery oor haar uitgestort. 9Daarom het Ek haar oorgegee in die hand van haar minnaars, in die hand van die kinders van Assur na wie sy gesmag het. 10Hulle het haar skaamte ontbloot, haar seuns en haar dogters weggeneem; maar haar het hulle met die swaard gedood, sodat sy 'n waarskuwende voorbeeld onder die vroue geword het, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek. 11Alhoewel haar suster Oholiba dit gesien het, het sy dit tog met haar verliefdheid erger gemaak as sy, en met haar hoererye nog erger as haar suster. 12Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne. 13Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel. 14Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie; 15omgord met 'n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chald,a is -- 16net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag en boodskappers na hulle gestuur, na Chald,a toe. 17Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak. 18En toe sy haar hoererye geopenbaar en haar skaamte ontbloot het, het my siel van haar vervreemd geraak, soos my siel vervreemd geraak het van haar suster. 19Ja, sy het haar hoererye baie gemaak deur te dink aan die dae van haar jeug toe sy 'n hoer was in Egipteland. 20En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde. 21En jy het na die skandelike daad van jou jeug verlang, toe die van Egipte jou boesem gedruk het om jou jeugdige borste ontwil. 22Daarom, o Oholiba, so sê die Here HERE: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring: 23die kinders van Babel en al die Chaldeërs, Pekod en Soa en Koa, al die kinders van Assur saam met hulle, begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en owerstes is, offisiere en aansienlike mense wat almal te perd ry. 24En hulle sal teen jou kom met 'n hoop strydwaens en wiele en met 'n menigte van volke; groot skild en klein skild en helm sal hulle rondom teen jou rig; en Ek sal die strafgerig aan hulle oorgee, en hulle sal jou vonnis volgens hulle reg. 25En Ek sal my ywer teen jou rig, dat hulle in grimmigheid met jou handel: hulle sal jou neus en jou ore afsny, en die wat van jou oorbly, sal deur die swaard val; hulle sal jou seuns en jou dogters wegneem, en wat van jou oorbly, sal deur vuur verteer word. 26Hulle sal jou ook jou klere uittrek en jou versiersels wegneem. 27So sal Ek dan by jou 'n einde maak aan jou skandelike dade en jou hoerery, uit Egipteland afkomstig; en jy sal jou oë nie na hulle opslaan en aan Egipte nie meer dink nie. 28Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jou siel vervreemd geraak het. 29En hulle sal jou as vyand behandel en al jou goed wegneem en jou naak en bloot laat staan, sodat jou ontugtige skaamte ontbloot kan word. Ja, jou skandelike dade en jou hoererye 30het jou dit aangedoen deurdat jy agter nasies aan gehoereer het en omdat jy met hulle drekgode verontreinig is. 31In die weg van jou suster het jy gewandel; daarom sal Ek haar beker in jou hand gee. 32So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is -- jy sal tot 'n belagging en 'n spot word -- die beker wat so baie bevat. 33Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker van jou suster Samar¡a is 'n beker van huiwering en ontsetting. 34En jy sal dit drink en uitsuig en aan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die Here HERE. 35Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye. 36En die HERE het vir my gesê: Mensekind, wil jy Ohola en Oholiba oordeel? Maak hulle dan hul gruwels bekend. 37Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan. 38Verder het hulle My d¡t aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig en my sabbatte ontheilig -- 39as hulle hul kinders vir hulle drekgode slag, kom hulle op dieselfde dag na my heiligdom om dit te ontheilig; en kyk, so het hulle gedoen binne-in my huis. 40Ja, hulle het selfs na manne gestuur wat van ver gekom het -- aan wie 'n boodskapper gestuur is, en kyk, hulle het gekom! -- vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en sierade aangesit het. 41En jy het gesit op 'n pragtige bed waarvoor 'n tafel reggemaak is en waar jy my reukwerk en my olie op neergesit het; 42en daarbinne was die stem van 'n sorgelose menigte. En by manne uit die menigte van mense is daar wynsuipers aangebring uit die woestyn; die het armbande aan hulle hande gesit en 'n pragtige kroon op hulle hoofde. 43Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe. 44En hulle het by haar ingegaan soos 'n mens ingaan by 'n hoer; so het hulle ingegaan by Ohola en Oholiba, die ontugtige vroue. 45En regverdige manne, die sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande. 46Want so sê die Here HERE: Laat hulle teen hulle 'n vergadering oproep en hulle tot 'n skrikbeeld maak en 'n plundering. 47En die vergadering moet hulle stenig en hulle met hul swaarde stukkend kap; hulle seuns en dogters moet hulle doodmaak en hulle huise met vuur verbrand. 48So sal Ek dan die skandelike dade uit die land laat ophou, dat al die vroue hulle kan laat waarsku om geen skandelikheid te begaan soos julle nie. 49En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.