1En terwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doen voor die huis van God, kom daar uit Israel 'n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met 'n groot geween. 2Toe het Seg nja, die seun van J,hiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak. 3Laat ons dan nou 'n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word. 4Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel! 5Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer. 6En Esra het hom opgerig van voor die huis van God en weggegaan na die kamer van Johanan, die seun van ljasib. En hy het daar gekom; geen brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou van die ballinge. 7Toe het hulle 'n oproep deur Juda en Jerusalem laat gaan aan al die ballinge om in Jerusalem saam te kom. 8En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, die se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word. 9Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie. 10En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesê: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder. 11Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue. 12Toe antwoord die hele vergadering en sê hardop: So, volgens u woorde, is ons verplig om te handel; 13maar die mense is baie, en dit is die reëntyd -- dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie 'n werk van een dag en nie van twee nie, want ons het in hierdie saak swaar oortree. 14Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend. 15Net Jonatan, die seun van Asahel, en Jags,ja, die seun van Tikwa, het hierteen opgetree, en Mesullam en die Leviet S bbetai het hulle gesteun. 16Maar die seuns van die ballingskap het so gedoen; en afgesonder is: Esra, die priester, saam met manne, familiehoofde volgens hulle families, en hulle is almal by hul naam genoem; en hulle het op die eerste dag van die tiende maand sitting gehou om die saak te ondersoek, 17en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die eerste maand. 18En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van J,sua, die seun van Josadak, en sy broers: Ma„s,ja en Eliëser en Jarib en Ged lja. 19Maar hulle het hulle hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle 'n ram skuldig sou wees vir hulle skuld. 20En van die seuns van Immer: Han ni en Seb dja; 21en van die seuns van Harim: Ma„s,ja en El¡a en Sem ja en J,hiël en Uss¡a; 22en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Ma„s,ja, Ismael, Net neël, Josabad en Ele sa. 23En van die Leviete: Josabad en S¡me‹en Kel ja dit is Kel¡ta, Pet gja, Juda en Eliëser. 24En van die sangers: ljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri. 25En uit Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jiss¡a en Malk¡a en M¡jamin en Ele sar en Malk¡a en Ben ja; 26en van die seuns van Elam: Matt nja, Sagar¡a en J,hiël en Abdi en J,remot en El¡a; 27en van die seuns van Sattu: Eljoënai, ljasib, Matt nja en J,remot en Sabad en As¡sa; 28en van die seuns van B,bai: Johanan, Han nja, Sabbai en Atlai; 29en van die seuns van Bani: Mesullam, Mallug en Ad ja, Jasub en Seal, J,remot; 30en van die seuns van Pahat-Moab: Adna en Kelal, Ben ja, Ma„s,ja, Matt nja, Bes leël en B¡nnu‹en Manasse; 31en van die seuns van Harim: Eliëser, Jiss¡a, Malk¡a, Sem ja, S¡meon, 32Benjamin, Mallug, Sem rja; 33van die seuns van Hasum: M tnai, Matt tta, Sabad, Elif,let, Jer,mai, Manasse, S¡me‹; 34van die seuns van Bani M ädai, Amram en Uel, 35Ben ja, Bed,ja, Keluhu, 36Wanja, M,remot, ljasib, 37Matt nja, M tnai en J äsai 38en Bani en B¡nnu‹, S¡me‹ 39en Sel,mja en Natan en Ad ja, 40Magn dbai, S sai, S rai, 41As reël en Sel,mja, Sem rja, 42Sallum, Am rja, Josef; 43van die seuns van Nebo: Je‹-el, Matt¡tja, Sabad, Seb¡na, J ddai en Joël, Ben ja. 44Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue wat kinders voortgebring het.