1En dit is hulle familiehoofde, met hulle geslagsregister, wat saam met my onder die regering van koning Artas sta uit Babel opgetrek het: 2van die kinders van P¡nehas: Gersom; van die kinders van Itamar: Daniël; van die kinders van Dawid: Hattus, 3van die kinders van Seg nja; van die kinders van P rhos: Sagar¡a, en saam met hom in die register opgeneem, aan manspersone, honderd en vyftig; 4van die kinders van Pahat-Moab: Eljehoënai, die seun van Ser gja, en saam met hom twee honderd manspersone; 5van die kinders van Sattu: Seg nja, die seun van Jah siël, en saam met hom drie honderd manspersone; 6en van die kinders van Adin: Ebed, die seun van Jonatan, en saam met hom vyftig manspersone; 7en van die kinders van Elam: Jesaja, die seun van At lja, en saam met hom sewentig manspersone; 8en van die kinders van Sef tja: Seb dja, die seun van M¡gael, en saam met hom tagtig manspersone; 9van die kinders van Joab: Ob dja, die seun van J,hiël, en saam met hom twee honderd en agttien manspersone; 10en van die kinders van Bani: S,lomit, die seun van Jos¡fja, en saam met hom honderd en sestig manspersone; 11en van die kinders van B,bai: Sagar¡a, die seun van B,bai, en saam met hom agt en twintig manspersone; 12en van die kinders van Asgad: Johanan, die seun van Hakk tan, en saam met hom honderd en tien manspersone; 13en van die kinders van Adon¡kam wat later gekom het, en dit was hulle name: Elif,let, Je‹-el en Sem ja, en saam met hulle sestig manspersone; 14en van die kinders van Bigwai: Utai en Sabbud, en saam met hom sewentig manspersone. 15En ek het hulle versamel by die rivier wat na Ahawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die kinders van Levi daar nie aangetref nie. 16Daarom het ek Eliëser, Ariël, Sem ja en lnatan en Jarib en lnatan en Natan en Sagar¡a en Mesullam, die hoofde, en Jojarib en lnatan, die leraars, gestuur 17en hulle bevel gegee aan Iddo, die hoof in die plek Kas¡fja; en ek het die woorde in hulle mond gelê wat hulle met Iddo, en sy broers, die tempelbediendes in die plek Kas¡fja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring. 18En hulle het vir ons, omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, naamlik Ser,bja met sy seuns en sy broers, agttien; 19en Has bja, en saam met hom Jesaja, van die kinders van Mer ri, sy broers en hulle seuns, twintig; 20en van die tempelbediendes wat Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, twee honderd en twintig tempelbediendes wat almal met hulle name aangewys was. 21Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed. 22Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat. 23So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor. 24Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Ser,bja, Has bja en tien van hulle broers saam met hulle. 25En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het. 26En ek het in hulle hand afgeweeg: ses honderd en vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud, 27en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud. 28En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders. 29Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE. 30Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring. 31Daarna het ons weggetrek van die rivier Ahawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad. 32En ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly. 33En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priester M,remot, die seun van Ur¡a, en by hom was Ele sar, die seun van P¡nehas, en by hulle Josabad, die seun van J,sua, en No dja, die seun van B¡nnu‹, die Leviete -- 34volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe. 35Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer -- dit alles as brandoffer aan die HERE. 36En hulle het die bevelskrifte van die koning gegee aan die landvoogde van die koning en die goewerneurs wes van die Eufraat, en die het die volk en die huis van God ondersteun.