1Op die een en twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê: 2Spreek tog met Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en met Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en sê: 3Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie? 4Nou dan, skep moed, Serubb bel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Josadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare, 5met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie! 6Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. 7Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare. 8Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare. 9Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare. 10Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Dar¡us, het die woord van die HERE gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê: 11So sê die HERE van die leërskare: Vra tog aan die priesters inligting uit die wet en sê: 12As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee. 13Daarop sê Haggai: As iemand wat deur 'n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees. 14Toe antwoord Haggai en sê: So is in my oë hierdie volk en so hierdie nasie, spreek die HERE, en so is al die werk van hulle hande en wat hulle d r offer -- onrein is dit. 15Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die HERE, 16in die tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig. 17Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael -- al die werk van julle hande -- nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die HERE. 18Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op: 19Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën. 20Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê: 21Spreek met Serubb bel, die goewerneur van Juda, en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe. 22En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander. 23In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubb bel, seun van Se ltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.