1Want hierdie Melgis,dek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseënhet; 2aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het -- hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; 3sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. 4Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, 'n tiende van die buit gegee het. 5Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel 'n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; 6maar hy wat nie uit hulle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën. 7Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën. 8En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar d r een van wie getuig word dat hy lewe. 9En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; 10want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgis,dek hom tegemoetgegaan het. 11As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was -- want met die oog daarop het die volk die wet ontvang -- waarom was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgis,dek en dat hy dit nie volgens die orde van A„ron genoem word nie? 12Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 13omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan 'n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. 14Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. 15En nog baie duideliker is dit as daar 'n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgis,dek, 16een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. 17Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek. 18Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, 19omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van 'n beter hoop waardeur ons tot God nader. 20En vir sover dit nie sonder eedswering was nie -- want hulle het sonder eedswering priesters geword, 21maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgis,dek -- 22in sover het Jesus van 'n beter verbond borg geword. 23En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; 24maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. 25Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 26Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; 27wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir die van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. 28Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat n die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.