1Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samar¡a; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat. 2En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig. 3Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste. 4Hulle is almal owerspelers; hulle is soos 'n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is. 5Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters. 6Ja, hulle het hul hart gemaak soos 'n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos 'n vuurvlam. 7Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie. 8Efraim -- hy vermeng hom met die volke; Efraim is 'n roosterkoek wat nie omgekeer is nie. 9Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie. 10Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie. 11So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur. 12Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is. 13Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! k tog wou hulle verlos, maar hulle het leuens teen My gespreek. 14Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My. 15Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam. 16Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.