1Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe, 2om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder. 3Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre? 4Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. 5Wee Assur! die roede van my toorn en 'n stok is hy -- in hulle hand is my grimmigheid! 6Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate. 7Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie. 8Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie? 9Het dit met Kalno nie gegaan soos met K rkemis, met Hamat soos met Arpad, met Samar¡a soos met Damaskus nie? 10Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as die van Jerusalem en Samar¡a, 11sou ek nie, soos ek aan Samar¡a en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en sy afgode kan doen nie? 12Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. 13Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp. 14En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en ,k het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie. 15Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf hulle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hom ophef wat nie hout is nie! 16Daarom sal die Here HERE van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur. 17En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag. 18Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn. 19En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en 'n seuntjie sal hulle kan opskrywe. 20En in die dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die HERE, die Heilige van Israel, in opregtheid. 21Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe. 22Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid. 23Want 'n verdelging wat vas besluit is, sal die Here HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde. 24Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie. 25Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om hulle te vernietig. 26En die HERE van die leërskare sal oor hom die g,sel swaai soos M¡dian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte. 27En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid. 28Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly. 29Hulle trek oor die nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, G¡bea van Saul vlug. 30Skreeu dit uit, dogter van Gallim! Luister, Lais! Arme Anatot! 31Madm,na vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling! 32Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem! 33Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi; 34en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die L¡banon sal val deur die Heerlike.