1My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my. 2Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus. 3Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen? 4Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. 5Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel -- die oë van sy kinders sal versmag. 6Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug. 7Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee. 8Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. 9Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag. 10Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie. 11My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart. 12Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis. 13As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei, 14die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster, 15waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit? 16Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.