1Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? 2Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes -- 3is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? 4Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie? 5As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: 6laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet! 7As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het -- 8laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word. 9As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -- 10laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. 11Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad. 12Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. 13As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het -- 14wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? 15Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? 16As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het 17en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet; 18as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; 19as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; 20as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -- 21laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word. 22Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig. 23As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! 24As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; 25as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, 26en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het -- 27ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het. 28As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het; 29as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? 30as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, 31omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! 32Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het! 33Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans. 34Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom. 35As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween; 36as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het -- 37laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.