1En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide; 2en hulle suidelike lyn was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek; 3en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barn,a en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe; 4dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees. 5En die oostelike lyn: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die lyn aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af 6loop die lyn op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die lyn op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. 7Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel. 8Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is. 9Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B äla, dit is Kirjat-Je rim. 10Dan swaai die lyn van B äla af weg in westelike rigting na die gebergte Se‹r en loop oor na die noordelike hang van die berg Je rim, dit is K,salon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna. 11Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B äla en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see. 12Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die lyn rondom van die kinders van Juda volgens hulle geslagte. 13Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron. 14En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ah¡man en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe. 15En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer; 16en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. 17Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. 18En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? 19En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. 20Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte. 21En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: K bseël en Eder en Jagur, 22en Kina en Dimona en Ad da, 23en Kedes en Hasor en Jitnan, 24Sif en Telem en B,alot, 25en Hasor-Had tta en K,riot-Hesron, dit is Hasor; 26Amam en Sema en Molada, 27en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet, 28en Hasar-Sual en Beër-Seba en Bisjotja, 29B äla en Ijjim en Esem, 30en ltolad en Kesil en Horma, 31en Siklag en Madm nna en Sans nna, 32en Leb ot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege en twintig, met hulle dorpe; 33in die Laeveld: Est ol en Sorea en Asna, 34en Sanoag en En-Gannim, Tappuag en Enam, 35Jarmut en Adullam, Sogo en As,ka, 36en Sa„r im en Ad¡taim en Ged,ra en Ged,rotaim: veertien stede met hulle dorpe; 37Senan en Had sa en Migdal-Gad, 38en Dilean en Mispe en Jokteël, 39Lagis en Boskat en Eglon, 40en Kabbon en Lagmas en Kitlis, 41en Ged,rot, Bet-Dagon en N äma en Makk,da: sestien stede met hulle dorpe; 42Libna en Eter en Asan, 43en Jiftag en Asna en Nesib, 44en Keh¡la en Agsib en Mar,sa: nege stede met hulle dorpe; 45Ekron met sy onderhorige plekke en sy dorpe; 46van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe; 47Asdod, sy onderhorige plekke en sy dorpe; Gasa, sy onderhorige plekke en sy dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met sy gebied; 48en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo, 49en Danna en Kirjat-Sanna, dit is Debir, 50en Anab en Est,mo en Anim, 51en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe; 52Arab en Duma en Esean, 53en Janum en Bet-Tappuag en Af,ka, 54en Humta en Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe; 55Maon, Karmel en Sif en Jutta, 56en J¡sreël en Jokdeam en Sanoag, 57Kain, G¡bea en Timna: tien stede met hulle dorpe; 58Halhul, Bet-Sur en Gedor, 59en M ärat en Bet-Anot en ltekon: ses stede met hulle dorpe; 60Kirjat-Ba„l, dit is Kirjat-Je rim, en Rabba: twee stede met hulle dorpe; 61in die woestyn: Bet-Araba, Middin en Seg ga, 62en Nibsan en die Soutstad en ngedi: ses stede met hulle dorpe. 63Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.