1En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van J,rigo af, oostelik van die waters van J,rigo, na die woestyn wat van J,rigo af oploop in die gebergte, na Bet-el; 2verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot; 3dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see. 4So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, 'n erfdeel ontvang. 5En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte -- die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo; 6dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: M¡gmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na T änat-Silo en loop oos daarvan oor na Janoag; 7en van Janoag loop dit af na Atarot en N harat en raak dan aan J,rigo en loop op die Jordaan uit. 8Van Tappuag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte; 9en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe. 10Maar hulle het die Kana„niete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.