1En die tweede lot het uitgekom vir S¡meon, vir die stam van die kinders van S¡meon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda. 2En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Molada, 3en Hasar-Sual en Bala en Esem, 4en Eltolad en Betul en Horma, 5en Siklag en Bet-Hammark bot en Hasar-Susa, 6en Bet-Leb ot en Saruhen: dertien stede met hulle dorpe; 7Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe; 8en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by B älat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van S¡meon volgens hulle geslagte. 9Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van S¡meon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van S¡meon geërwe in die middel van hulle erfdeel. 10En die derde lot het opgekom vir die kinders van S,bulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid. 11En hulle lyn loop op in westelike rigting na Mar la en raak aan Dabb,set en aan die spruit wat teenoor Jokneam loop; 12en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Daberat en loop op na J fia; 13en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek; 14dan swaai die lyn noord daaromheen na Hann ton en loop dood by die dal Jiftag-El; 15en Kattat en N halal en Simron en J¡deala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe. 16Dit was die erfdeel van die kinders van S,bulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe. 17Vir Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte; 18en hulle grondgebied was na J¡sreël toe en Kesullot en Sunem, 19en Hafar im en Sion en Anag rat, 20en Rabbit en K¡sjon en Ebes, 21en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases; 22en die lyn raak aan Tabor en Sahas¡ma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe. 23Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe. 24En die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; 25en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf, 26en Allamm,leg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat; 27dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan S,bulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Neh¡ël, en loop aan links by Kabul; 28en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon; 29dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê; 30en Umma en Afek en Rehob: twee en twintig stede met hulle dorpe. 31Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe. 32Vir die kinders van N ftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van N ftali volgens hulle geslagte; 33en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Sa„n nnim af, en Ad mi-Nekeb en Jabneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan; 34dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan S,bulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste; 35en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinn,ret, 36en Adama en Rama en Hasor, 37en Kedes en Edr,i en En-Hasor, 38en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe. 39Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van N ftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe. 40Vir die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom. 41En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sorea en Est ol en Ir-Semes, 42en Sa„l bbin en Ajalon en Jitla, 43en Elon en Timn ta en Ekron, 44en lteke en G¡bbeton en B älat, 45en Jehud en Ben,-Berak en Gat-Rimmon. 46en M,-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo. 47Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan. 48Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe. 49Toe hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee; 50op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon. 51Dit is die erfdele wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.