1Toe het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Ele sar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel, 2en met hulle gespreek in Silo, in die land Kana„n, en gesê: Die HERE het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee. 3Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan: 4Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van A„ron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van S¡meon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede; 5en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede; 6en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van N ftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede; 7en die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van S,bulon, twaalf stede. 8So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het. 9Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van S¡meon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het: 10die kinders van A„ron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang -- want die eerste lot was vir hulle -- 11en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen; 12maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefunne, as sy besitting gegee. 13En aan die kinders van A„ron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld, 14en Jattir met sy weiveld, en Estemoa met sy weiveld, 15en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld, 16en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme. 17En uit die stam van Benjamin: G¡beon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld, 18en Anatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede. 19Al die stede van die kinders van A„ron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld. 20En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim; 21en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld, 22en Kibs im met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede. 23En uit die stam van Dan: lteke met sy weiveld, G¡bbeton met sy weiveld, 24Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede. 25En uit die helfte van die stam van Manasse: T änag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede; 26alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het. 27En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëst,ra met sy weiveld: twee stede. 28En uit die stam van Issaskar: Kisjon met sy weiveld, en Daberat met sy weiveld, 29Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede. 30En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld, 31Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede. 32En uit die stam van N ftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galil,a met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede; 33al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld. 34En aan die geslagte van die kinders van Mer ri, die Leviete wat nog oor was -- uit die stam van S,bulon: Jokneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld, 35Dimna met sy weiveld, N halal met sy weiveld: vier stede. 36En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld, 37Ked,mot met sy weiveld, en Mef ät met sy weiveld: vier stede. 38En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in G¡lead met sy weiveld, en Mahan im met sy weiveld, 39Hesbon met sy weiveld, Ja,ser met sy weiveld: alles saam vier stede. 40Al die stede was vir die kinders van Mer ri, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede. 41Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld. 42Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede. 43So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon. 44En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee. 45Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.