1Maar n die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. 2Daarom het die HERE hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kana„n, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was S¡sera, 'n inwoner van Haroset van die heidene. 3En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk. 4En Debora, 'n profetes, die vrou van L ppidot, het in die tyd Israel gerig; 5en sy het gesit onder die palm van Debora, tussen Rama en Bet-el, op die gebergte van Efraim; en die kinders van Israel het na haar opgegaan vir regspraak. 6Toe laat sy Barak, die seun van Abinoam, uit Kedes in N ftali, roep en sê vir hom: Het die HERE, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tien duisend man van die kinders van N ftali en van die kinders van S,bulon met jou saam? 7dan sal Ek S¡sera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee. 8Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie. 9Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal S¡sera in die hand van 'n vrou verkoop; en Debora het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek. 10Daarop het Barak S,bulon en N ftali bymekaargeroep na Kedes toe, en tien duisend man het op sy voetspore opgetrek, en Debora het saam met hom opgetrek. 11En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moses, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saän im, naby Kedes. 12En toe hulle aan S¡sera berig bring dat Barak, die seun van Abinoam, na die berg Tabor opgetrek het, 13het S¡sera al sy strydwaens, nege honderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haroset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep. 14Daarop sê Debora vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE S¡sera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan. 15En die HERE het S¡sera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en S¡sera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug. 16Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haroset van die heidene, en die hele leër van S¡sera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie. 17Toe vlug S¡sera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet. 18En Jael het uitgegaan S¡sera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my heer, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met 'n kombers toegemaak. 19Daarop sê hy vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe. 20En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee. 21Toe neem Jael, die vrou van Heber, 'n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe. 22En kyk, terwyl Barak S¡sera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê S¡sera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof! 23So het God dan op die dag Jabin, die koning van Kana„n, voor die kinders van Israel onderwerp. 24En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kana„n, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.