1En Abim,leg, die seun van Jerubba„l, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê: 2Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter -- dat sewentig man, almal seuns van Jerubba„l, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is. 3Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abim,leg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer. 4Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Ba„l-Ber¡t gegee, en daarmee het Abim,leg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg. 5En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerubba„l, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerubba„l, het oorgebly, want hy het weggekruip. 6Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abim,leg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is. 7Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Ger¡sim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister. 8Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons! 9Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe? 10Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons. 11Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe? 12Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons. 13Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe? 14Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons! 15En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die L¡banon verteer. 16As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abim,leg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerubba„l en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande -- 17julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het, 18maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abim,leg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is -- 19as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerubba„l en sy huis, wees dan vrolik oor Abim,leg, en mag hy ook vrolik wees oor julle. 20Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abim,leg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abim,leg verteer. 21Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abim,leg, sy broer. 22Toe Abim,leg drie jaar oor Israel geheers het, 23het God 'n bose gees gestuur tussen Abim,leg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abim,leg, 24sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerubba„l sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abim,leg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor. 25So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abim,leg meegedeel. 26Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou. 27En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abim,leg gevloek. 28Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abim,leg -- en wat is Sigem -- dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerubba„l, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet ons hom dien? 29Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abim,leg wegjaag! En met die oog op Abim,leg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit! 30Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword 31en listig boodskappers na Abim,leg gestuur om te sê: Kyk, Ga„l, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op. 32Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld. 33Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake. 34Daarop het Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel. 35En Ga„l, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag, 36sien Ga„l die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan! 37Maar Ga„l hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar. 38Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abim,leg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle! 39Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abim,leg. 40Maar Abim,leg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort. 41En Abim,leg het in Aruma gebly, maar Sebul het Ga„l en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie. 42En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abim,leg meegedeel. 43Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle. 44Want Abim,leg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan. 45En Abim,leg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai. 46Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Ber¡t in. 47En toe dit aan Abim,leg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het, 48klim Abim,leg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abim,leg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na. 49Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abim,leg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het. 50Daarna het Abim,leg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem. 51Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim. 52En Abim,leg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand, 53gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abim,leg en verbrysel sy skedel. 54Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe. 55En toe die manne van Israel sien dat Abim,leg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan. 56So het God dan die kwaad van Abim,leg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor. 57En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerubba„l, het oor hulle gekom.