1En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! 2En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! 3En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as Hom afsonderlik: 4Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word? 5En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie. 6Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei. 7Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie. 8Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte. 9Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot 'n getuienis. 10En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 11En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. 12En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 13En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 14En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie -- laat hom wat lees, oplet -- dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug; 15en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; 16en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie. 17Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae! 18En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie. 19Want daardie dae sal daar 'n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. 20En as die Here die dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy die dae verkort. 21En as iemand d n vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! -- moet dit nie glo nie. 22Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 23Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. 24Maar in daardie dae, n die verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, 25en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. 26En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. 27En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel. 28En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. 29So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur. 30Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 31Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 32Maar van daardie dag en die uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. 33Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. 34Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. 35Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; 36dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. 37En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!