1En toe Jesus te Betlehem in Judiagebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom 2en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. 3En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; 4en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. 5En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Jud,a, want so is daar deur die profeet geskrywe: 6En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. 7Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra; 8en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys. 9En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. 10En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. 11En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre. 12En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan. 13En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. 14Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. 15En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep. 16Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. 17Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: 18'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie. 19En n die dood van Herodes het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef in Egipte verskyn 20en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het. 21En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom. 22Maar toe hy hoor dat Archel s oor Judiakoning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het 'n goddelike waarskuwing in 'n droom ontvang en na die streke van Galil,a teruggekeer. 23En hy het gaan woon in 'n stad met die naam van N saret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasar,ner genoem sou word.