1Die woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hisk¡a, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samar¡a en Jerusalem. 2o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis. 3Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde. 4En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom! 5Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samar¡a nie? En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie? 6Daarom sal Ek Samar¡a 'n puinhoop maak op die veld, 'n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê. 7En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot 'n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer. 8Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise. 9Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem. 10Moet dit nie in Gat vertel nie, ween daar ganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel! 11Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Sa„nan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem. 12Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die HERE na die poort van Jerusalem. 13Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is. 14Daarom moet jy 'n afskeidsgeskenk gee aan Mor,set-Gat; die huise van Agsib sal 'n teleurstelling wees vir die konings van Israel. 15Nogmaals sal Ek jou 'n veroweraar bring, o inwoner van Mar,sa; die adel van Israel sal tot by Adullam kom. 16Maak 'n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos die van 'n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.