1En dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubb bel, die seun van Se ltiël, en J,sua opgetrek het: Ser ja, Jerem¡a, Esra, 2Am rja, Mallug, Hattus, 3Seg nja, Rehum, M,remot, 4Iddo, G¡nnetoi, Ab¡a, 5M¡jamin, Ma„dja, Bilga, 6Sem ja en Jojarib, Jed ja, 7Sallu, Amok, Hilk¡a, Jed ja; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van J,sua. 8En die Leviete was: J,sua, B¡nnu‹, K dmiël, Ser,bja, Juda, Matt nja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het. 9En Bakbukja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan. 10En J,sua was die vader van Jojakim; en Jojakim was die vader van ljasib, en ljasib die vader van Jojada, 11en Jojada die vader van Jonatan, en Jonatan die vader van Jaddua. 12En in die dae van Jojakim was die priesterlike familiehoofde: van Ser ja, Mer ja; van Jerem¡a, Han nja; 13van Esra, Mesullam; van Am rja, Johanan; 14van Mallugi, Jonatan; van Seb nja, Josef; 15van Harim, Adna; van M,rajot, H,lkai; 16van Iddo, Sagar¡a; van G¡nneton, Mesullam; 17van Ab¡a, Sigri; van M¡njamin, van Mo dja, P¡ltai; 18van Bilga, S mmua; van Sem ja, Jonatan; 19en van Jojarib, M ttenai; van Jed ja, Ussi; 20van S llai, K llai; van Amok, Heber; 21van Hilk¡a, Has bja; van Jed ja, Net neël. 22Wat die Leviete betref -- in die dae van ljasib, Jojada en Johanan en Jaddua is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Dar¡us, die Pers. 23Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Johanan, die seun van ljasib. 24En die hoofde van die Leviete was: Has bja, Ser,bja en J,sua, K dmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag: 25Matt nja en Bakbukja, Ob dja. Mesullam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte. 26Hulle was in die dae van Jojakim, die seun van J,sua, die seun van Josadak, en in die dae van Nehem¡a, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde. 27En by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters. 28Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete, 29en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asm wet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou. 30En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig. 31En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe; 32en agter hulle aan het geloop: Hos ja en die helfte van die owerstes van Juda, 33en As rja, Esra en Mesullam, 34Juda en Benjamin en Sem ja en Jerem¡a, 35en van die seuns van die priesters met trompette, Sagar¡a, die seun van Jonatan, die seun van Sem ja, die seun van Matt nja, die seun van Mig ja, die seun van Sakkur, die seun van Asaf, 36en sy broers Sem ja en As reël, M¡lalai, G¡lalai, Ma„i, Net neël en Juda, Han ni, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit. 37En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste. 38En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoond-toring langs tot by die Breë Muur; 39verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Han neël en die toring Hamm,a tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort. 40Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam; 41en die priesters ljakim, Ma„s,ja, M¡njamin, Mig ja, Eljoënai, Sagar¡a, Han nja met trompette, 42en Ma„s,ja en Sem ja en Ele sar en Ussi en Johanan en Malk¡a en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisr gja was die leier. 43En op die dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is. 44En op die dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het. 45En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters, volgens die bevel van Dawid en sy seun Salomo. 46Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God. 47En die hele Israel het in die dae van Serubb bel en in die dae van Nehem¡a die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van A„ron.