1En toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel. 2En ek het my broer Han ni en Han nja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel -- want hy was 'n getroue man en godvresend bo baie -- 3en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis. 4En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie. 5Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om 'n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind: 6Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad; 7wat saam met Serubb bel, J,sua, Nehem¡a, As rja, Raämja, Naham ni, Mordegai, Bilsan, Misp,ret, Bigwai, Nehum, Ba„na gekom het; die getal manne van die volk van Israel was: 8die kinders van Parhos, twee duisend een honderd twee en sewentig; 9die kinders van Sef tja, drie honderd twee en sewentig; 10die kinders van Arag, ses honderd twee en vyftig; 11die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van J,sua en Joab, twee duisend agt honderd en agttien; 12die kinders van Elam, duisend twee honderd vier en vyftig; 13kinders van Sattu, agt honderd vyf en veertig; 14die kinders van Sakkai, sewe honderd en sestig; 15die kinders van B¡nnu‹, ses honderd agt en veertig; 16die kinders van B,bai, ses honderd agt en twintig; 17die kinders van Asgad, twee duisend drie honderd twee en twintig; 18die kinders van Adon¡kam, ses honderd sewe en sestig; 19die kinders van Bigwai, twee duisend sewe en sestig; 20die kinders van Adin, ses honderd vyf en vyftig; 21die kinders van Ater, van Hisk¡a, agt en negentig; 22die kinders van Hasum, drie honderd agt en twintig; 23die kinders van B,sai, drie honderd vier en twintig; 24die kinders van Harif, honderd en twaalf; 25die kinders van G¡beon, vyf en negentig; 26die manne van Betlehem en Netofa, honderd agt en tagtig; 27die manne van Anatot, honderd agt en twintig; 28die manne van Bet-Asm wet, twee en veertig; 29die manne van Kirjat-Je rim, Kef¡ra en B,ërot, sewe honderd drie en veertig; 30die manne van Rama en Geba, ses honderd een en twintig; 31die manne van Migmas, honderd twee en twintig; 32die manne van Bet-el en Ai, honderd drie en twintig; 33die manne van die ander Nebo, twee en vyftig; 34die kinders van die ander Elam, duisend twee honderd vier en vyftig; 35die kinders van Harim, drie honderd en twintig; 36die kinders van J,rigo, drie honderd vyf en veertig; 37die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd een en twintig; 38die kinders van S,na„, drie duisend nege honderd en dertig. 39Die priesters: die kinders van Jed ja, van die huis van J,sua, nege honderd drie en sewentig; 40die kinders van Immer, duisend twee en vyftig; 41die kinders van Pasgur, duisend twee honderd sewe en veertig; 42die kinders van Harim, duisend en sewentien. 43Die Leviete: die kinders van J,sua, van K dmiël, van die kinders van Hod,wa, vier en sewentig. 44Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt en veertig. 45Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hat¡ta, die kinders van Sobai, honderd agt en dertig. 46Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasufa, die kinders van T bbaot; 47die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon; 48die kinders van Leb na, die kinders van H gaba, die kinders van Salmai; 49die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar; 50die kinders van Re ja, die kinders van Resin, die kinders van Nekoda; 51die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Pas,ag; 52die kinders van B,sai, die kinders van die Meniete, die kinders van die Nefisiete; 53die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakufa, die kinders van Harhur; 54die kinders van Baslut, die kinders van Meh¡da, die kinders van Harsa; 55die kinders van Barkos, die kinders van S¡sera, die kinders van Temag; 56die kinders van Nes¡ag, die kinders van Hat¡fa. 57Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Sof,ret, die kinders van Per¡da; 58die kinders van J äla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel; 59die kinders van Sef tja, die kinders van Hattil, die kinders van Pog,ret-Hasseb im, die kinders van Amon -- 60al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: drie honderd twee en negentig. 61En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie -- 62die kinders van Del ja, die kinders van Tob¡a, die kinders van Nekoda: ses honderd twee en veertig. 63En van die priesters: die kinders van Hab ja, die kinders van Hakkos, die kinders van Bars¡llai, wat uit die dogters van Bars¡llai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is. 64Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap. 65En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim. 66Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig; 67behalwe hulle slawe en hulle slavinne; die was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse gehad. 68Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile twee honderd vyf en veertig; 69kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig. 70En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke. 71En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend twee honderd mines. 72En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend mines, en sewe en sestig priesterrokke. 73So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.