1Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: 2Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; 3van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, die moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en A„ron. 4En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n man wat hoof is van sy families. 5En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: El¡sur, die seun van Sed,r; 6vir S¡meon: Selumiël, die seun van Sur¡saddai; 7vir Juda: Nagson, die seun van Amm¡nadab; 8vir Issaskar: Net neël, die seun van Suar; 9vir S,bulon: El¡ab, die seun van Helon; 10vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elis ma, die seun van Amm¡hud; vir Manasse: G mliël, die seun van Ped sur; 11vir Benjamin: Ab¡dan, die seun van Gideoni; 12vir Dan, Ahiëser, die seun van Amm¡saddai; 13vir Aser: P giël, die seun van Ogran; 14vir Gad: ljasaf, die seun van R,huel; 15vir N ftali: Ah¡ra, die seun van Enan. 16Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel. 17Toe het Moses en A„ron die manne geneem wat met hulle name aangewys was, 18en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en die het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof, 19soos die HERE Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai. 20En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel -- hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 21hulle geteldes van die stam van Ruben was ses en veertig duisend vyf honderd. 22Van die seuns van S¡meon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 23hulle geteldes van die stam van S¡meon was nege en vyftig duisend drie honderd. 24Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 25hulle geteldes van die stam van Gad was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig. 26Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 27hulle geteldes van die stam van Juda was vier en sewentig duisend ses honderd. 28Van die seuns van Issaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 29hulle geteldes van die stam van Issaskar was vier en vyftig duisend vier honderd. 30Van die seuns van S,bulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 31hulle geteldes van die stam van S,bulon was sewe en vyftig duisend vier honderd. 32Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 33hulle geteldes van die stam van Efraim was veertig duisend vyf honderd; 34van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 35hulle geteldes van die stam van Manasse was twee en dertig duisend twee honderd. 36Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 37hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf en dertig duisend vier honderd. 38Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 39hulle geteldes van die stam van Dan was twee en sestig duisend sewe honderd. 40Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 41hulle geteldes van die stam van Aser was een en veertig duisend vyf honderd. 42Van die seuns van N ftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -- 43hulle geteldes van die stam van N ftali was drie en vyftig duisend vier honderd. 44Dit is die geteldes wat Moses en A„ron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families. 45So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek -- 46al die geteldes dan was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig. 47Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie. 48Die HERE het naamlik met Moses gespreek en gesê: 49Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie; 50maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Hulle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en hulle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. 51En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word. 52En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings. 53Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem. 54En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.