1En Mirjam en A„ron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem. 2En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor. 3Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. 4Toe het die HERE dadelik met Moses en A„ron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom. 5En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy A„ron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom. 6Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek. 7So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou. 8Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie? 9En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. 10En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En A„ron het Mirjam aangekyk en -- sy was melaats! 11Daarop sê A„ron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie. 12Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie. 13En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond! 14Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word. 15En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie. 16Maar daarna het die volk van H serot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.