1Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. 3En A„ron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof. 4En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom. 5En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My. 6Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. A„ron se staf was ook onder hulle stawe. 7En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit. 8En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van A„ron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word! 9Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem. 10Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van A„ron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie. 11En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen. 12Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan! 13Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?