1En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê: 2Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op 'n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan. 3En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Amm¡nadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees. 4En sy leër met hulle geteldes was vier en sewentig duisend ses honderd. 5En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en Net neël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees. 6En sy leër met hulle geteldes was vier en vyftig duisend vier honderd. 7Verder die stam van S,bulon; en El¡ab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van S,bulon wees. 8En sy leër met sy geteldes was sewe en vyftig duisend vier honderd. 9Al die geteldes in die laer van Juda was honderd ses en tagtig duisend vier honderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek. 10Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en El¡sur, die seun van Sed,r, moet owerste oor die seuns van Ruben wees. 11En sy leër met sy geteldes was ses en veertig duisend vyf honderd. 12En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van S¡meon; en Selumiël, die seun van Sur¡saddai, moet owerste oor die seuns van S¡meon wees. 13En sy leër met hulle geteldes was nege en vyftig duisend drie honderd. 14Verder die stam van Gad; en ljasaf, die seun van R,huel, moet owerste oor die seuns van Gad wees. 15En sy leër met hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig. 16Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek. 17Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels. 18Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elis ma, die seun van Amm¡hud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees. 19En sy leër met hulle geteldes was veertig duisend vyf honderd. 20En langs hom die stam van Manasse; en G mliël, die seun van Ped sur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees. 21En sy leër met hulle geteldes was twee en dertig duisend twee honderd. 22Verder die stam van Benjamin; en Ab¡dan, die seun van Gideoni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees. 23En sy leër met hulle geteldes was vyf en dertig duisend vier honderd. 24Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd en agt duisend een honderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek. 25Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Amm¡saddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees. 26En sy leër met hulle geteldes was twee en sestig duisend sewe honderd. 27En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en P giël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees. 28En sy leër met hulle geteldes was een en veertig duisend vyf honderd. 29Verder die stam van N ftali; en Ah¡ra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van N ftali wees. 30En sy leër met hulle geteldes was drie en vyftig duisend vier honderd. 31Al die geteldes in die laer van Dan was honderd sewe en vyftig duisend ses honderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels. 32Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig. 33Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos die HERE Moses beveel het. 34En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.