1En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe. 2En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en A„ron saamgekom. 3En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het! 4En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe? 5En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie. 6Daarop gaan Moses en A„ron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle. 7En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 8Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer A„ron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink. 9Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het. 10En Moses en A„ron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? 11Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee. 12Toe sê die HERE vir Moses en A„ron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie. 13Dit is die waters van M,riba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het. 14Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het. 15Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel. 16Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied. 17Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het. 18Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek. 19Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek -- verder niks nie. 20Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand. 21So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai. 22En die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom. 23En die HERE het met Moses en A„ron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê: 24A„ron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van M,riba. 25Neem A„ron en sy seun Ele sar, en laat hulle op die berg Hor opklim; 26en trek A„ron se klere uit en trek dit sy seun Ele sar aan; en A„ron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe. 27Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering. 28En Moses het A„ron se klere uitgetrek en dit sy seun Ele sar aangetrek. En A„ron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Ele sar het van die berg afgeklim. 29En toe die hele vergadering sien dat A„ron gesterf het, het die hele huis van Israel A„ron beween dertig dae lank.