1En n die plaag het die HERE met Moses en met Ele sar, die seun van die priester A„ron, gespreek en gesê: 2Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel. 3En Moses en die priester Ele sar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van J,rigo, en gesê: 4Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was: 5Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Pallu‹ete; 6van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete. 7Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig. 8En die seuns van Pallu was: El¡ab; 9en die seuns van El¡ab was: N,muel en Datan en Ab¡ram. Dit is Datan en Ab¡ram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en A„ron in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is. 10En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die twee honderd en vyftig man verteer het; en hulle het tot 'n teken geword. 11Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie. 12Die seuns van S¡meon volgens hulle geslagte: van N,muel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete; 13van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete. 14Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee en twintig duisend twee honderd. 15Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete; 16van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete; 17van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete. 18Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertig duisend vyf honderd. 19Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kana„n. 20En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete. 21En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete. 22Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses en sewentig duisend vyf honderd. 23Die seuns van Issaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tola‹ete; van Puwa die geslag van die Puniete; 24van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete. 25Dit is die geslagte van Issaskar volgens hulle geteldes, vier en sestig duisend drie honderd. 26Die seuns van S,bulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van J gleël die geslag van die Jagleëliete. 27Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestig duisend vyf honderd. 28Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim. 29Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van G¡lead; van G¡lead die geslag van die Gileadiete. 30Dit is die seuns van G¡lead: van Jeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete; 31en van Asriël die geslag van die Asriëliete; en van Segem die geslag van die Sigmiete; 32en van Sem¡da die geslag van die Semida‹ete; en van Hefer die geslag van die Hefriete. 33Maar Selofhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selofhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa. 34Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee en vyftig duisend sewe honderd. 35Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sut,lag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete. 36En dit is die seuns van Sut,lag: van Eran die geslag van die Eraniete. 37Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee en dertig duisend vyf honderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte. 38Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ah¡ram die geslag van die Ahiramiete; 39van Sefufam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete. 40En die seuns van Bela was: Ard en Na„man; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete. 41Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd. 42Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte. 43Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier en sestig duisend vier honderd. 44Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimna‹ete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Ber¡a die geslag van die Beri‹ete; 45van die seuns van Ber¡a: van Heber die geslag van die Hebriete; van M lkiël die geslag van die Malkiëliete. 46En die naam van die dogter van Aser was Serag. 47Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie en vyftig duisend vier honderd. 48Die seuns van N ftali volgens hulle geslagte: van J gseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete; 49van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete. 50Dit is die geslagte van N ftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf en veertig duisend vier honderd. 51Dit is die geteldes van die kinders van Israel: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig. 52En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 53Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name. 54Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word. 55Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe. 56Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is. 57En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Mer ri die geslag van die Merariete. 58Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram. 59En die naam van Amram se vrou was Jog,bed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: A„ron en Moses en Mirjam, hulle suster. 60En vir A„ron is gebore: Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar. 61En Nadab en Ab¡hu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. 62En hulle geteldes was drie en twintig duisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie. 63Dit is hulle wat deur Moses en die priester Ele sar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van J,rigo. 64En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester A„ron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het. 65Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.