1Daarna het nader gekom die dogters van Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef -- dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa -- 2en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Ele sar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê: 3Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie. 4Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader. 5Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die HERE. 6En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 7Die dogters van Selofhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan. 8En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan. 9En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. 10En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee. 11En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en die moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 'n regsinsetting wees, soos die HERE Moses beveel het. 12Daarna het die HERE aan Moses gesê: Klim op hierdie gebergte Ab rim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het. 13En as jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote versamel word soos jou broer A„ron versamel is; 14omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van M,riba by Kades, in die woestyn Sin. 15Toe het Moses met die HERE gespreek en gesê: 16Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel 17wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van die HERE nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie. 18Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op, 19en stel hom voor die priester Ele sar en voor die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë; 20en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister. 21En hy moet voor die priester Ele sar staan, dat die vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering. 22En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Ele sar en voor die hele vergadering gestel, 23en hy het hom die hande opgelê en hom 'n opdrag gegee soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.