1En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees. 2Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; 3en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram, 4en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; 5en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen; 6behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif -- tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. 7En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; g,,n werk mag julle doen nie. 8Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees; 9en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram, 10een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; 11een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort -- en hulle drankoffers. 12En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier. 13En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees; 14en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme, 15en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers; 16en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 17Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 18en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 19en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort. 20En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 21en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 22en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 23Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 24hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 25en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 26En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 27en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 28en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 29Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 30en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 31en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 32En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; 33en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif; 34en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 35Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. 36En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; 37hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; 38en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. 39Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers. 40En Moses het aan die kinders van Israel alles gesĂȘ net soos die HERE Moses beveel het.