1En op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het, 2het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring -- hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het -- 3hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring. 4En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 5Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk. 6Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee: 7twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk; 8en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Mer ri gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron. 9Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra. 10En die owerstes het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring. 11En die HERE het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op 'n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar. 12En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagson, die seun van Amm¡nadab, van die stam van Juda. 13En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 14een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 15een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 16een bokram as sondoffer; 17en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Amm¡nadab. 18Op die tweede dag het Net neël, die seun van Suar, die owerste van Issaskar, aangebring -- 19hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 20een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 21een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 22een bokram as sondoffer; 23en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Net neël, die seun van Suar. 24Op die derde dag die owerste van die kinders van S,bulon, El¡ab, die seun van Helon. 25Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 26een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 27een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 28een bokram as sondoffer; 29en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van El¡ab, die seun van Helon. 30Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, El¡sur, die seun van Sed,r. 31Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 32een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 33een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 34een bokram as sondoffer; 35en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van El¡sur, die seun van Sed,r. 36Op die vyfde dag die owerste van die kinders van S¡meon, Selumiël, die seun van Sur¡saddai. 37Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 38een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 39een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 40een bokram as sondoffer; 41en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selumiël, die seun van Sur¡saddai. 42Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, ljasaf, die seun van R,huel. 43Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 44een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 45een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 46een bokram as sondoffer; 47en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van ljasaf, die seun van R,huel. 48Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, Elis ma, die seun van Amm¡hud. 49Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 50een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 51een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 52een bokram as sondoffer; 53en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elis ma, die seun van Amm¡hud. 54Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse, G mliël, die seun van Ped sur. 55Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 56een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 57een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 58een bokram as sondoffer; 59en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van G mliël, die seun van Ped sur. 60Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Ab¡dan, die seun van Gideoni. 61Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 62een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 63een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 64een bokram as sondoffer; 65en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ab¡dan, die seun van Gideoni. 66Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Amm¡saddai. 67Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 68een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 69een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 70een bokram as sondoffer; 71en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Amm¡saddai. 72Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, P giël, die seun van Ogran. 73Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 74een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 75een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 76een bokram as sondoffer; 77en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van P giël, die seun van Ogran. 78Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van N ftali, Ah¡ra, die seun van Enan. 79Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; 80een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; 81een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; 82een bokram as sondoffer; 83en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ah¡ra, die seun van Enan. 84Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne -- 85elke skottel honderd en dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd volgens die sikkel van die heiligdom -- 86twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd en twintig sikkels. 87Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer. 88En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is. 89En as Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, tussen die twee g,rubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.