1My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, 2sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; 3ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, 4as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, 5dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind 6en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel 7deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar; 8dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad. 9Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; 10oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak, 11om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek; 12van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weƫ van duisternis te wandel; 13die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte, 14van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore; 15om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei 16want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme; 17almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie 18sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou; 19want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly, 20maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.